Maun logo

Sunset in Maun Botswan
 

MAUN LODGES EN HOTELLE

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die onderskeie lodge/kampeerplek te kry en om ‘n bespreking te doen

Thamalakane River lodge Maun Botswana

THAMALAKANE RIVER LODGE - Luukse en bekostigbare akkommodasie naby Maun.

Island Safari Lodge Island Safari lodge Maun

ISLAND SAFARI LODGE: Sedert sy vernuwing is dit Temba se eerste keuse akkommodasie naby Maun

Riley Hotel Maun Botswana Riley's Hotel Maun
RILEY'S HOTEL: Legendaries vir sy uitstekende diens. Hierdie hotel dien besoekers aan Maun sedert die vroegste tye.
Maun Lodge Botswana
MAUN LODGE: Pragtige lodge op die oewers van die Thamalakane Rivier in die dorp.
Okavango River Lodge Maun Botswana
OKAVANGO RIVER LODGE: Bekostigbaar skoon en effens robuustbuite Maun

MAUN – POORT NA DIE OKAVANGO DELTA

Maun is oorspronlik in 1915 gestig as die hoofstad van die Batawana, maar is lank nie meer ‘n “Wilde Weste” grensdorpie nie. Dit is die vinnig-groeiende toerisme-hoofstad van Botswana. Omdat Maun so naby aan die Okavango Delta is, het dit ook die naam van “Poort tot die Okavango Delta”. Maun beteken “Plek van die kort riete”, wat verwys na die riete wat in die Thamalakane-rivier gorie. Dié rivier vloei teenaan die dorp verby.

Die groeiende toerisme-sektor in Maun het veroorsaak dat die tradisionele grasdak-rondawels plek maak vir baksteengeboue met sinkdakke. Maar ondanks hierdie baie sigbare teken van die vele toerisme-dollars wat in die dorp bestee word, onthou die meeste mense eerder die talle donkies en bokke wat in Maun ronddwaal.

Met die vorige eeuwisseling, was Maun ‘n bymekaarkomplek vir grootwildjagters oppad na en van die jaggebiede van die noorde. Een van die goeie lodges in Maun, Riley’s Hotel, dateer uit hierdie tyd. In daardie dae het die 35 uitmergelende ure geneem om van Francistown na Maun te reis. Teen die tyd wat die manne in Maun aangekom het, het hulle vanselfsprekend net aan rus en ‘n koue drinkding kon dink (natuurlik nie noodwendig in daardie volgorde nie …). Harry Riley het die leemte in die mark raakgesien – en die res is geskiedenis!

Maun, die Poort na die Okavango, het ‘n lughawe wat onder die besigste in Suidelike Afrika gereken word.

Nog ‘n plek in Maun waarby jy besoek moet gaan aflê, is die Maun Wildreservaat. Dit is klein (slegs 8 vierkante kilometer), maar daar is baie staproetes. Die oorspronlike “plek van kort riete”, waarna die dorp vernoem is, is ook in die reservaat.

Die Chobe rivier is net meer as 300 km vanaf Maun is jy deur die wildparke ry of 600 km met die teerpad. Ons beveel Chobe Safari Lodge, Toro Safari Lodge of die selfsorg akkommodasie van Senyati Safari Camp aan. As jy eers in Kasane is moet jy beslis ook Victoria Falls besoek waar jy in die naaste hotel aan die waterval naamlik die die Kingdom Hotel kan bly.
Rainbow Towers Hotel
is ons gunsteling verblyf Harare, die hoofstad van Zimbabwe.

The Stiltz is op pale in die Swakoprivier in Namibie en ongeveer 700 km van Maun. Voordat jy na Swakopmund gaan kan jy gerus 'n nag in Windhoek oornag. Sossusvlei Desert Camp by die ingang van die Sossusvlei Park kan binne 'n dag van Maun bereik word. 'n ander belangrike hoogtepunt van Namibie is sekerlik die bekende Waterberg Plato Nasionale Park naby Otjiwarongo.

Thamalakane Rivier Lodge